KarMal1 - Neels du Plessis

Hier gee ek uiting aan n passie.



Wednesday 26 October 2011

(26) 2012 Mitsubishi ASX. LED's en lig.

Dit is n aantreklike kruis KNV, die 2012 Mitsubishi ASX. Een masjien in die reeks, n 2.0 MPI (110KW@6000rpm & 197Nm@4200rpm). Twee ratkasse, n 5 spoed handrat en n 6 spoed CVT. Pryse begin teen R 279 900 vir die intree vlak Mitsubishi ASX tot R 319 000 vir die hoë spesifikasie vlak ASX.


Nou kyk, die 5 sitplekker ASX dryf net deur die voorwiele, het n algemene petrol verbruiks indeks van 7.5L/100km en CO2 van 178g/km en met n bakwerk van 1354kg kan mens dadelik agterkom die wa gaan nie rekord versneltye opstel nie. Dis nie die doel van die hoë karretjie nie, nee inteendeel. Die rit is sag maar mens voel die stampe deur die onderstel, bakrol is daar ook, maar die stuurwiel speel nie rond in jou hande nie en die ratskakeling is aangenaam. Jou hoë sitplek bied jou n lekker uitsig en daardie panoraniese glasdak maak dat die karretjie lekker lig is binne. Dan is daar nog die LED's rondom binne die glasdak, met drie verstellings daarby ook nog, maar, partydjie truuk of nie, dit lyk intresant. Enkel sone klimaat beheer en n lekker  radio met USB en n intresante dubbel punt RAC AUX ("Audio JACK")  punt is standaard. So ook n standaard agterste parkeer hulp sisteem.

5 Ster EU veiligheids kenmerke sluit 7 lugsakke in wat ook n knie lugsak insluit, saam met verskeie elektroniese onderstel beheerstelsels wat in tye van nood die bestuurder asisteer om die voertuig makliker te beheer. Pak spasie in die agterste ruim is baie billik en sitplek vir 5 volwasendes is daar einlik meer as genoeg.

Gemaklike Inklimslag, Aangename Ruimte
Die laaste aspek van die voertuig is sy voorkoms, die neus is geskoei op die laaste generasie van passasiers voertuie van Mitsubishi, die Lancer, die res is n mengsel van Europees en Oostere ontwerps taal. Ek vind dit baie aangenaam op die oog, dit is nou nie dat jy daarna gaan staar nie, maar jy gaan nie sommer daar verbystap sonder on dit op te merk nie.

Panoramiese Glasdak


Dus, n kompakte KNV, met n brandstof doeltreffende masjien, lekker spasie en n onderstel gemik beide op die stofpad soos as op die growwe swart gegomde gruis. Die karrretjie kry my regmerkie.

7.5L/100km
Weer eens, het ons hier met n jong man te doen wat einlik uitbundig in sy passie vir karre is. En hy ken sy Mitsubishi ASX goed, sy naam: Jason Kruger.

Gaan soek hom op te Mitsubishi Motors Tygerberg.













Jason Kruger
Tel: (021) 914 3850
Sel: (082) 920 5010
jasonk@sandown.co.za













Mitsubishi Motors Tygerberg,
1 & 3, High Street, Rosen Park

Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000

No comments:

Post a Comment