KarMal1 - Neels du Plessis

Hier gee ek uiting aan n passie.



Wednesday 12 October 2011

(14) Johan Pearson - Novel Ford Goodwood. Veruklike modelle om te verhandel..

Ford Fiesta ST
Johan Pearson - Nou hier is n man met PASSIE vir karre en syfers. In vandag se ekonomiese tye moet mens dinamies wees en ook daarvoor kan beplan. Johan se woorde Dinsdag aan my, nadat ek vir hom gesê het - "Soveel nuwe modelle in die tydperk?" - was:  "Positiewe gesindheid, beplanning en volwaardige geloof en kennis in die produk en jou span maak die eienskappe van sukses in hierdie ekonomiese tye."




Ford Focus ST
Johan Pearson is n Namibiër wat in 1990 n uiting aan sy passie in die motor mark gegee het, erkennings soos Toyota SA Verkoopsman van die jaar (1994), Ford Vloot Voorraad verkope en bemarker  2de plek (2000 en 2001), Ford SA Verkoops Bestuurder - Voorsiters Toekening (2001), Ford SA Top Verkoops Bestuurder van die Jaar (2004 en 2005).



Johan Pearson het 1998 sy intrede in die Ford stal gemaak waar hy in 1998 te Novel Ford Paarl begin het. Daarna het Novel Stellenbosch en Somerset-Wes  op die been gebring, in 2003 het Johan saam met n span die Novel Windhoek, NamIbië versterk en in Oktober 2009 die Goodwood tak met sy positiewe invloed en uitkyk verryk.
Ford Kuga

Die Novel Goodwood tak verhandel Ford en Mazda produkte waarvan Ford ongeveer 75% en Mazda 25% van die verkope maak. Dan kan daar binne die Ford omgewing gekyk word na 25% Figo, 25% Bantam en die ander 50% markaandeel dan verdeel tussen die Fiesta, Focus, Everest en Ranger. Die Mazda word weer opgedeel in die 2 en 3 reeks wat 50% aandeel neem en die res van 50% wat dan tussen die 5 en 6 reeks, BT50 en die CX7 gedeel word. Binne al hierdie reekse soos hier bo genoem is daar weer verskeie modelle. Dus, is hierdie taak om die voertuie te skuif n ongelooflike taak op die oog af. Maar vir Johan Pearson en sy span is dit n passie.

Ford Ranger Wildtrack
En die adrenalien gaan in die onmiddelike typerk en nabye toekoms net verhoog! Die rede: Nuwe Ford Focus (Pas bekend gestel) met die kragtige (184kW/360Nm) en 20% meer petroldoeltreffende  Focus ST  binnekort op die vloer saam met n wakker 1.6 Eco Turbo Fiesta ST, die nuwe Ford Ranger reeks en heel waarskynlik n verrasing vir aanhangers van die beminde en gewilde Ford Bantam. Die eerste toon in die water van KNV (Klein Nuts Voertuig) vir Ford met sy Kuga  (2.5l Vyf silinder aandrywing) en  n opgekikerde Ford Everest. Mazda met n nuwe gesig vir die 3 reeks, die uittrede van die uitmuntende CX7 tesame met die toetrede van die ligter CX5.

Ongelooflik, werklikwaar n vrag vol modelle.
Mazda CX5

Daarvoor het jy die regte passie en vermoëns nodig. Novel Ford Goodwood, onder leiding van Johan Pearson en sy span, bied die koper daardie passie saam met ervaring en gemoedsrus.

Gaan besoek die Novel Ford Goodwood Span dus gerus te:







14 Voortrekker road 

Goodwood
7460
Tel : 021 590 6200
Fax : 021 591 2280



pearsonj@novelmotor.co.za

Fotos verskaf.


No comments:

Post a Comment