KarMal1 - Neels du Plessis

Hier gee ek uiting aan n passie.



Monday 10 October 2011

(13) 2011 Land Rover Freelander 2. Vryheid met n angel in die stert.

Vryheid met angel in die stert. Maklik. Met n Land Rover Freelander 2. Vryheid word gevind deur die moontlikheid om ver van die stad af in bykans enige omstandighede te kan beweeg. Die angel in die stert is die 2.2 opvolg turbo diesel masjien gekoppel aan n 6 spoed outomatiese ratkas wat die viscous-tipe koppeling permanente vier-wiel aandrywing dryf.


Die bestuurs posisie is uitstekend, instrumente maklik leesbaar en binne bereik van die bestuurder ...... behalwe vir die kompartement se oopmaak slot wat reg in die middel voor die voorste passasier is, die bestuurder met ver oorleun om dit by te kom. N laaste sakie wat pla, die spaarwiel (N volle een) lyk of hy net agter in gegooi is en vasgeskroef is, die driehoek boks lê sommer los daarin, selfs die Florid Cross het n afgewerkte spaar wiel ruim met pakspasie vir die driehoeke en meer.

Beenriumte Agter
Netjiese Instument Paneel
Die Freelander 2 start met die druk van n knoppie nadat die sleutel/alarm hulsel in n gleuf geplaas is aan die linker kant van die stuurwiel. Die stuur is aangenaam swaar en n plesier om mee te werk, veral die reguit ry in n lae spoed is fantasties. Die ses spoed ZF outomatiese "Command Shift" ratkas is seepglad en wissel maklik van rat as die lepel getrap word. My rit met die 2.2 SD Diesel wat 140kW/420Nm lewer, trek soos n trein en maak n grap van sy 1923kg (Tara) gewig. Dit voel werklikwaar soos n ratse sports karretjie.


Vol Groote Spaar Wiel
Stopkrag kom weereens met al die nodige afkortings nl: ABS, EBD en sommer n nuwe een - CBC (Cornering Brake Control) wat die Land Rover se buitenste voor wiel om n draai rem en jou help om nie beheer oor die voertuig se agterkant in n draai te verloor nie. Soos genoem is die hantering uitstekend weens die 235/65/R17 bande op aantreklike allooi velings wat totaal onafhanklik deur die veerstelsel en gas skokbrekers hanteer word. Met die elektroniese terein reaksie knoppie waarmee jy die opprvlak waarop jy ry  bevestig aan die dryfstelsel kan jy werklikwaar ry waar meeste viertrek voertuie nie kan nie, dit word ook meegehelp met n baie kort asafstand van 2660mm.

Stewige Kontroles

Vanaf  R 392 995.00 vir die 2011 Land Rover Freelander 2 TD4 met 6 spoed handratkas tot met die Freelander 2 Sport bied die hele reeks n ware wegbreek motor vir die stads persoon wat ook luukse soek.


Dus as jy nou wil wegbreek, kontak gerus vir Heinrich Nefdt te Land Rover N1 City Kaapstad kies jou paket en vat daardie breek.



Heinrich Nefdt
Tel - (021) 595-7110
Sel - (084) 264-8644
E-Mail: heinne@mcmotor.co.za

Of besoek hom gerus te: H/V Vasco Rln & Frans Conradie weg, N1 City, Kaapstad.










http://www.landrover.com/za/en/lr/freelander-2/explore/2-se/

Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000.

No comments:

Post a Comment