KarMal1 - Neels du Plessis

Hier gee ek uiting aan n passie.



Tuesday 4 October 2011

(07) GWM Steed 5 Double Cab. Skokkend!

Great Wall Motors (GWM) is reeds n rukkie op die Suid Afrikaanse mark. Maar hierdie keer bring hulle n bietjie van n skok.

Misligte in die trap buffer agter
Die GWM Steed5 DC 2.4 MPi 4x2. Al daar is bekende lyne in die bakwerk is die voorkoms van die Steed5 vir n bakkie baie aangenaam. Vleiende lyne, groot ligte, misligte voor en agter, bultende wielboë en mooi alooi wiele wat oorgetrek is met 235/70R16 bande rond die voorkoms af.

Sterk Voorkoms
Die inklim is maklik. Die harde (Dit is hoe dit in n bakkie moet wees) sitplek is op n aangename hoogte ten opsigte van die pedale.

Die sitplekke wat oorgtrek is met swart leer tesame met die donker grys instrumente paneel en die swart bekleedsel vir die dak paneel, bied die binne afwerking n matige gevoel van beknopte luuksheid. Maar dit ìs geensins beknop nie, ek kan agter myself sit. My bene oopgesper en my kop afgedruk, dus vir my in die agterste sitplek net om die blok asseblief. Vir die jong klomp onder 1,7m is daar welliswaar genoeg plek op die agterste bank. Voor is daar n goeie lys bykomstighede nl: 2 lugsakke, CD/Radio met 6 luidsprekers en sateliet beheer op die stuurwiel, verstelbare hoofligte, sentrale sluit aan beide bestuurs en pasasiers deur, elektriese vensters en afstand beheerde sluitstelsel/alarm.

2.4MPi  (4G69) Masjien
Nou kyk, vir n dubbele kajuit bakkie met n dra vrag vermoë van 1000kg kan n mens nie n sagte rit verwag nie. Met n aangename bestuurs posisie plaas GWM die bestuurder in n hoe posisie wat die bestuur van die wa heerlik maak, die betuurs gevoel deur die stuur is iewat vaag maar, jy weet dadelik waarheen die kar deur n draai gaan as gevolg van die harde vering. Hierdie bakkie is vir pret maar hy KAN werk ook. Die 100kW/200Nm  2378cc masjien bied nie klapperwerke nie maar dit sal die taak as werkesel met gemak volbring. Met die ABS remstelsel kan die bakkie lekker stop ook met die bestuurder heeltyd in beheer.
1000kg Dravrag









Teen R 189 000.00 (Op die pad) bied hierdie GWM Steed5 2.4MPi 4x2 dubbel kajuit bakkie n skokkende hoeveelheid waarde vir geld!



Vir meer inligting kontak gerus vir Kevin Galvin by Novel Motor Maatskappy Kaapstad.


Kevin Galvin:                                             Rui Perdigaor:
Tel - (021) 590-6282,                                             Tel - (0210 590-6249
Sel - (082) 773-9522,                                             Sel - (072) 539-4652
galvink@novelmotor.co.za                                       perdigaor@novelmotor.co.za

Besoek hulle ook gerus te:






14 Voortrekker weg, Goodwood, Kaapstad.

Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000

No comments:

Post a Comment