|
Mazda 6 Agter |
|
Mazda 6 Voor |
Die Mazda 6 2.5L Active Activematic is werklikwaar n kar wat onwerp is met Mazda se pragtige Zoom-Zoom lyne op die kar se lyf. Met n kar wat 4735mm lank, 1795mm breed en 1440mm hoog is het n mens werklik baie spasie in n groot kar wat deur vloeiende lyne slank en mooi lyk. Die ligte is baie mooi met die kar se lyne geintegreer. Die skopgraaf tipe rooster voor verleen die algehele ontwerp n genotvolle ontwerps beginpunt.
|
Mazda 6 2012 |
|
Insrumentpaneel met integrale AUX |
|
AUX/12V punt |
|
Stuurwiel met Sateliet Kontroles |
Nou ons almal weet in n vierkantige item pak mens baie meer goed as in n ronde item. Mazda het met die 6 reeks uitstekend gevaar om n balans tussen vorm en funksie te handhaaf. Die dak is laag, wat inklim bemoeilik, voor en agter - hou in gedagte ek is 1.96m - en as mens eers in is is daar ruimte, voor en agter. Selfs die instrument paneel het aanvanklil ver weg gevoel, die elektries verstelbare voorsitplek met geheue funksie tesame met die teleskopiese stuurwiel wat hoër en laer kan stel, het ek vinnig vir my n gerieflike posisie verseker en my ook binne reik afstand van alle kontroles geplaas. Mens sit laag in die kar met sy sagte vering voel jy verbind in n kokon wat jou van die res van die wereld afsluit. Dit is net jy en die kar se gerief.
|
Klavier Swart Afwerking |
En gerieflikheid is wat die kar jou bied. Die 5 spoed outomatiese ratkas is seepglad, dit skakel met gerief oor na die volgende hoër en of laer rat keuse en dit speel ook nie rond nie. Die masjien is n 2.5L vier silinder bron wat 125kW/226Nm ontwikkel. Tog deur die outomatiese ratkas en die sagte suspensie voel dit nooit lewendig nie. Daar is meer as genoeg krag, die hantering is uitmuntend, maar die kar is vir die lang pad, en jy sal beslis in gemak arriveer waar jy ook al gaan.
Dit is n luukse kar in die binneruim, spoed kontrole, stuurwiel met sateliet beheer vir die Radio/CD speler, AUX/12v punte, ISOFix, masiewe laaibak ruimte is alless werklik netjies afgewerk. Voornemende eienaars moet net die klavier swart rondom die rathefboom mooi oppas, dit krap maklik.
My opinie. Die mazda 6 is n mooi kar, die spesifieke model is vir die baie rustige individu wat n gesinsman is wat lief is vir vloeiende vorms. Die Mazda 6 is n kar vir die oog.
Om meer inligting oor die
2012 Mazda 6, 2.5L Active Activematic en ander 2012 Mazda 6 modelle (vanaf R 268 420.00) te kry kontak gerus die verteenwoordigers te NOVEL Motor Maatskappy Kaapstad.
Kevin Galvin Werner Stevens Tel - (021) 590-6282, Tel - (021) 590-6223, Sel - (082) 773-9522, Sel - (084) 247-2284, galvink@novelmotor.co.za stevensw@novelmotor.co.za
Besoek hulle ook gerus te:
14 Voortrekker weg, Goodwood, Kaapstad.
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
No comments:
Post a Comment