|
Benz-Patent Motorwagen |
Dankie Mnr. Karl Benz.
Vir die moderne kar soos ons dit ken. Die Jaar 1885. Die kar, Benz-Patent Motorwagen. Die mens se liefde met die interne plofslag masjien en agterwiel aandrywing het hier begin.
|
Ford Ranger |
Vandag is die meeste massa vervaardigde aterwiel aangedrewe karre se masjiene voorlangs, vat maar die BMW's. N goeie voorbeeld is die BMW M3. N ratse vinnige motor, n bestuurders se kar.
|
BMW M3 |
Maar so is die meeste agterwiel aangedrewe motors bestuurders karre. Maar dit is nie waar dit eindig nie. Agterwiel aandrywing met die masjien voor en mid gemonteer bied n baie goeie gewigsverspreiding verhouding vir die kar en dus, baat hantering daarby, in droe omstandighede. In nat omstandighede is dinge bietjie moeiliker want die agterkant van die kar waar die aandywing kontak met die oppervlak het is geneig om die voorkant onder remming in draaie verby te steek, dus gly die voertuig. Dit kan pret wees maar is in meeste omstadighede uiters gevaarlik.
|
Ferrari 358 Italia |
Met vandag se moderne elektroniese hulpmiddels word daar egter min agterwiel aangedrewe karre gesien wat gly tensy dit spesifiek aangehits word deur die bestuurder om dit te doen. Dit is egter iets vir die ervare persoon.
|
Toyota MR2 |
As daar weer n vrag is om mee oor die weg tekom is dit n uitstekende manier om die gewig tussen die aandrywing en die aandrywings wiele te plaas, dus het agterwiel aandrywing groot voordele soos met die Ford Ranger bakkie.
Agterwiel aandrywing het ook ander plasings van masjiene soos bv.: langs weg middel gemonteer, gewild in Ferrari's soos die 358 Italia, dwarsweg middel gemonteer soos met die Toyota MR2 en laastens agterlangs gemonteer soos met n Porsche 911 GT2 RS.
|
Porsche 911 GT2 RS |
Soos ons dan kan sien maak meeste sportmotors van agterwiel aangedrewe metode gebruik want hier is spasie nie van belang nie, eerder die plesier, die genot daarvan om karre te bestuur.
Fotos verskaf.
No comments:
Post a Comment