KarMal1 - Neels du Plessis

Hier gee ek uiting aan n passie.



Sunday 23 October 2011

(24) Voor wiel AANDRYWING.

1925 Miller 122
Voorwiel aandrywing is die gewildste aandrywing stelsel wat hedendaags in Suid Afrika verkoop. Hoeveel mense bewus is van die tipe aandrywing wat hulle koop hang vandag af van hoe groot kar passie daardie koper het. Hier wil ek net die geleentheid skep vir almal om te verstaan wat die term Voor Wiel Aandrywing meebring.

Fig 1.

1934 Citroën 7CV
Voorwiel aandrywing is sedert 1895 saam met ons, maar het in die 1925 meer prominent op die agenda verskyn weens renmotors soos die 1925 Miller 122 en ook soos in 1934 die Citroën 7CV. Beide die motors se masjiene was middel langsweg gemonteer wat dan die voorwiele aandryf. Sien soos in Fig 1. Die gewig verspreiding was uitstekend maar die ontwikkelings koste het dit net n strewe na verbetering gemaak.

1978 VW Glof Gti MK1
Fig 2.
2010 Ford Focus RS
Soos wat tegnologie verbeter het, het die vervaardigers met dwars gemonteerdie masjiene wat oor die voorste as  gemonteer was en die voorwiele aangeryf het groot suksese behaal op die mark.(Fig 2.) Volkswagen het dit gedoen met die Golf 1, hulle doen dit steeds vandag in meeste van hulle modelle. Die mens is genieg, om hom nie te laat stop deur die natuurlike wette van swaartekrag nie en heeltyd met daardie stelling te kompeteer.  Neem byvoorbeeld die 2010 Ford Focus RS 500, 261kW en 440Nm, alles  deur die voorwiele. Ongelooflike tegnologie. En steeds pak die vervaardigers prosesse aan om selfs op die ongelooflike ontwikkelinge te verbeter. Meestal kry hulle dit ook reg, gaan kyk maar, die 2010 Ford Focus RS is n ikoon in eie reg.


Fig 3.
Die laaste metode om voorwiel aandrywing te gebruik is n langs geplaasde masjien wat tussen die voorwiele hang en die voor wiele ook dan aandryf (Fig 3.) Dit is n baie suksesvolle massa vervaardigings metode wat veral deur Audi gebruik word.


Die gedagte met voorwiel aandrywing om die gewig van die voertuig te sleep, en dus makliker met die aandrywing deur vlak water poele te kan ry, het die metode n baie aanvaarbare aanwendsel onder die kopers in die mark geword. Stuur is meer traag maar met die petrol pedaal kan die bestuurder die kar dan uit n situasie ry deur te stuur en meer petrol te gee. Omdat al die gewig van die voertuig op die aandrywing wiele rus onder remming was dit altyd n gevaar om te hard met die voorwiel aandrywing te rem. ABS (Teen-sluit remstelsels) was die antwoord, meeste voorwiel aangedrewe karre op die mark het dit, dit is n absoluute noodsaaklikheid vir voorwiel aandrywing.
2012 Audi A5

Maak nie n fout nie, voor wiel aandrywing is baie pret, en dit is ook meer ekonomies, beide in die vervaardiging van die voertuig sowel as met die eienaarskap en onderhoud van die voertuig.

Bo oor alle redenasies, dit bly jou, die koper se kar, geniet dit, maak n passie daarvan.

Groete.

Die Kar Mal 1

Fotos verskaf.

No comments:

Post a Comment