KarMal1 - Neels du Plessis

Hier gee ek uiting aan n passie.



Thursday 6 October 2011

(09) Goodhope Tyres. Feisel Majiet tot u diens.

Goodhope Tyres te 336 Voortrekker straat, Goodwood het n luisteryke bestaan. 15 jaar lank as n juweel in die SA Retreaders kroon, beur hierdie maatskappy net vorentoe. Feisel Majiet het in 1998 deel geword van die span van Goodhope Tyres te Goodwood, Kaapstad.

Nou kyk, dit sit net nie in enige een se broek om te weet watter model voertuig se 4/5/6/8PCD of 10" Allooi wiel en bande kombinasie pas op n kar nie, dan praat ons nie eers oor die uitset of allooi wand wydtes nie. Dit verg ook opgeleide tegnikusse om met hierdie soort wandwydtes te werk.

Dus op n gewone massa vervaardigde allooi velling van n standaard voertuig word n hoogs opgeleide tegnikus gebruik om u gemoedsrus te verskaf tydens die instalering. 10 duim velings met 145/10 bande is die kleinste produk en 26 duim velings met 265/30 ZR26 bande die grootste.

Met 13 personeel lede, 10 hys dokke, 2 wielsporings dokke, wiel ballanseer instrumente asook hidroliese toerusting vir die verwydering en instalering van bande, is diens van hoe spoed deur Feisel Majiet en sy span, hulle trots om dit aan die klient te lewer.

 In die meervlakkige gebou van Goodhope Tyres is daar ruimte vir al die toerusting, twee uitstal ruimtes, oop kantore, ablusie en ook n rus-area vir kliente.


Goodhope tyres het elke dag n spesiale aanbod gaan maak gerus n draai daar. 195/55R15 Dunlop nou beskikbaar teem R599.00 per band en 255/55ZR18 Roadstone (Land Rover Discovery 3/4) teen R1800.00 per band.

Die groot verskeidenheid allooi velings en bande beskikbaar te Goodhope Tyres sorg net dat daar vir elke klient se behoefte en smaak n produk beskikbaar is. Indien die produk waarna jy soek nie daar is nie ....... praat gerus met Feisel Majiet, hulle reel dit vinnig!








Kontak gerus vir:


Feisel Majiet
Tel: (021) 591-5555/6490/6786
goodhopetyres@telkomsa.net

Of besoek:





336 Voortrekker Straat, Goodwood, Kaapstad.

Nog foto's hier onder:








Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000

No comments:

Post a Comment