Jeep. Weermag legende regoor die wereld. Insluitende in die S.A. weermag in die sestigs. Robuste werkesels wat oor en deur die meeste hindernisse kon kom met n eenvoudig maar praktiese (Vir die doel) bakwerk en aandrywing.
|
Jeep Grand Cherokee Overland |
2011 JEEP Grand Cherokee Overland. Die naam pas by wat die wa vermag. "Grand" Ja, baie. Sagte Nappa leer, vewarmde voor en agter (Terugleunende) sitplekke, bestuurder het n 8 rigting met twee geheue funksie sitplek/stuurwiel funksie. N verwarmde stuurwiel met sateliet kontroles vir die radio/CD, togbeheer en stem-erkenings funksies. 6 lugsakke, ESC, HDC, HSA, TSC, ABS, ACC met sleutel-lose toegang en ry -modus. Opsioneel verkrygbaar: Sensoriese Togbeheer stelsel, Blinde kant waarskuwing, Voor ongeluks waarskuwimg stelsel met agterste bewegings sensor. Opsioneel ook n "Off Road" paket wat 18" allooi velings met 265/60R18 BSW bande, n 230 mm agterste as, 3.45 agterste as rat verhouding met voorste onderstel-, oordrag kas-, onderstel- en 93.5L brandstof tenk - beskerm plate.
|
Radio/CD met AUX/Ipod |
|
60/40 Split met ISOFix |
Overland - die Quadra-Trac II® vier wiel aandrywing sluit n twee spoed oordraag ratkas met ELSD vir die agterste as in. Die 5.7L Hemi V8 met VVT dryf die ses gang outomatiese ZF ratkas glad deur die "Select-Terrain®" stelsel aan. Die bestuurs funksie van die sletsel "Select-Terrain®" bied die bestuurder n keuse van Sand/Modder, Sport, Outo, Sneeu en Klip. Al hierdie stelsels word dan met 12 verskillende elektroniese voertuig beheerstelsels gemonitor, sodat die bestuurder weer op sy eie op die bestuur van die wa kan konsentreer. Die onderstelsel wat rus op n onafhanklike suspensie wat beheer word deur lugvering bied uitstekende ry gerief en totale beheer weg van die geteerde weë af. Met afskakeling verlaag die voertuig dit self met 40mm om uitklim en inklim te vergemaklik, dan is daar ook n opsionele Sleepwa Paket (kan tot 3500kg sleep) wat die veerstelsel agter verstewig en lig waar nodig om die gewig te balanseer.
|
"Select-Terrain®" |
Die afgeronde maar gebeitelde voorkoms van die 2011 Jeep Grand Cherokee Overland is werklik baie mooi en aanteklik. Dit is n skoon voorkoms wat n paket met baie ruimte, doelterffend kleed. Inklim vir my was maklik, die agter myself sit toets slaag die wa met grasie. Die 5,7L Hemi V8 is stil, totdat n mens die versneller trap. Dit is nie oorverdowend nie, net luid en pragtig. Soos n V8 van vandag moet klink. Stuur is swaar in die reguit ry posisie maar lig wanneer die draaie aangepak word sonder dat die bestuurder afgesonder voel, dus skep dit heeltyd n asemteug van ontspanne gerief.
|
Maklike Inklim Spasie |
Hierdie is n werlikwaar mooi ontwerpte voertuig. Europese neigings wys op die baklyne, maar die geskiedkundige karakter is nie vergete nie, daarvoor is die Jeep trekke te veel.
En volgende jaar kom die witwarm SRT. Lek maar solank die lippe af, my persoonlike opinie is dat dit n wenner gaan wees.
Vir meer inligting oor die 2011 Jeeo Grand Cherokee Overland en Limeted reeks kontak gerus vir Nazeem Waggie te Jeep Century City.
Nazeem Waggie
Tel: (021) 528-0616
Sel: (082) 786-2000
nazeemw@sandown.co.za
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
No comments:
Post a Comment