Die karretjie is gegrond op die 2012 Ford Fiesta 1.6 Ambiente. Dus tesame met n paket wat ABS remme met EBD , twee lugsakke, vooraf verstywende sitplekgordels, elektriese vensters voor, radio /CD met 4 luidsprekers en AUX saam met , verkoelingstelsel kry ons ook die volgende op die karretjie. 17 duim alloi velings met 205/40ZR17 bande,20mm verkorte kronkel vere wat verhard is, vryvloeinde uitlaat stelsel vanaf die nokas kopstuk deur die bestaande katalisator en dan uit na agter waar die netjies onder die agterste buffer oë wys.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEil1kfZ5cMpw2HT4NHPzNUsxpKvsKN7wOIx4Ss6M3It4CGVx3HyVH_4OzQ9SNvwritk5bzb-i_PSxeyOpZNmKY8_A2cBkecJlCTG5pHnqHkWF79_IB7hz_MKAW8zyeghLaaKQBI-fs57nA/s200/IMG00981-20111003-1101.jpg)
![]() |
AUX +12V Punte |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEh0qceohW8cByNgDe5Nv0UXHU9yTQMy5ika7Sg_ay3kcJtL3LTtsdxMYKNsOTbIxt1qZ3Y1pt9QqOr91LQrwJTL7v7ASBakWKMYc2R2z5O_l5Rn7C-RjP_ksm6Wq-ha1wcUPayq0Zi8NrI/s200/IMG00983-20111003-1102.jpg)
Die rissiepit op die skinkbord word hier teen 2750rpm aangebied, n lekker klankbaan kom saam met dit, die stuur is dan sommer saam met kraglewering swaarder in jou hande. Dus ongeag hoe hard die masjien werk, hierdie elektronies geasisteerde stuurwiel sorg dat jy in beheer bly. Die seepglade 5 spoed ratkas skakel lekker by die toere in en maak ook dan Ford se naam gestand as voertuie vir bestuurs genot.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEj39-EKUdkqKgpeXnQcQQQKN3F_Iw3z5rKmlSXiQ3KQemQyfcuINeIhiOL-ONHZ5-8d__z8vCc-7j1l83IuKAH3mczQMyI105EepviJUf6D6cWvi2ZtgOCSg69FxzffMJZjFDAa1OexTU4/s200/IMG00978-20111003-1100.jpg)
Spasie vir die week se kruideniersware is genoeg agter die agterbank met sy ISOFix punte. die agterklap ontsluit met die druk van n knoppie op die afstand beheer en die klap lig ook lekker hoog. Met goeie aktiewe an passiewe veiligheids stelsels ingebou in die karretjie se bakwerk kan n mens ook met gemoedsrus die pad (lank of kort) aanpak.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiOxZ8xoHrfvSET4NfZ9gmfTTIlhsBrH6xH0_-4bngR3Rput0TTqTAIxLZupBdb03mGQMxGlGpPMzJYNS6V5fOv5BJg3vFG1Ss8A8XqOkyoLd-SRcdf00FuCtcN7qw8oEsl5Kx93ebLTgs/s200/IMG00979-20111003-1100.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEi_tK_jHJNxOg2MY7ouNDJqgNHOSpcs1rapnkdrqzKUAzSMW8LzFo90TRwkGhRbDFVq9J8rewbRDCyjKKq3_3nFZt2g8sxEgh3PIHVZt12y169uJySeFiqg1Bc9C-xyAmqT42RxiTJiOF8/s200/IMG00980-20111003-1101.jpg)
Bestuursgenot soos Oom Jan wat van perske n Witblits maak.
Om meer inligting oor die 2011 Ford Fiesta Novelsports en ander 2012 Ford Fiesta modelle te kry kontak gerus die verteenwoordigers te NOVEL Motor Maatskappy Kaapstad.
Kevin Galvin Werner Stevens Tel - (021) 590-6282, Tel - (021) 590-6223, Sel - (082) 773-9522, Sel - (084) 247-2284, galvink@novelmotor.co.za stevensw@novelmotor.co.za
Besoek hulle ook gerus te:
14 Voortrekker weg, Goodwood, Kaapstad.
Fotos en vidoes geneem met: Blackberry Bold 9000
No comments:
Post a Comment