Al ooit opgelet n Tom Tom navigasie stelsel is vierkantig? Nie? KarMal1 ook nie. Tot nou toe. Dit is eintlik baie vloeiend, tussen hakkies, Fluence. Die 2012 Renault Fluence is n pragtige vloeinde ontwerp, gebou rondom die Tom Tom navigasie stelsel, met kwaliteit en spasie.
Moet nou nie die wa voor die perde span nie, die algehele gevoel van die Fluence is n atmosfeer van Franse "flair". Sagte materiale waar jou vingerpunte ook al raak, noupassende spasierings lyne op die instrumente paneel, en die modelle met egte leer her n werklik uitsonderlik aangename aura. Franse aura. En die voertuie is werklikwaar beskikbaar met ses lugsakke, elektriese vensters (een druk funksie), baie spasie voor en agter met n enorme kattebak, n heerlike 7 luidspreker radio stelsel saam met n Tom Tom wat soveel funksies berg en dan word dit nogal met n afstand beheer ook beheer. Handvrye bluetooth® foon en musiek beheer. Twee kantige sone klimaat beheer en alle aktiewe en passiewe veiligheids stelsels ingebou in die meganiese en elektroniese beheerstelsels van die kar.
My toets-rit met die Renault Fluence 1.6 16v Expression het dit duidelik gestel dat die kar maar gery mag word. Stewige padgedrag met n lekker positiewe stuur en stuur terugvoer is die rit n plesier. Op die model het net die harde plastiek van die stuurwiel my n bietjie sweterig gelaat, maar ry, die kar ry werklik baie lekker. Die 5 gang handrat ratkas skakel glad en met positiewe kort skakelings, rembeheer is voldoende vir die grootte van voertuig wat dit is (4618mm lank, 1809 wyd, 1736kg). Wat my ook by n ligte bekommernis bring, die kar se lyne is super glad en dit het werklik pragtige rondinge en dit in n nou parkering ...... "Mall Dents!"
530 dm3 Standard ISO Agterste Laairuim |
Tom Tom, spasie, funksie en gerief. |
Met my skrywe huidiglik kan ek net sê die pryse begin onder R 200 000.00, maar kontak gerus vir Liesl Spann, by Reanault Tygerberg, daar is veel meer aan die Renault Fluence as wat sy prys jou vertel.
Liesel Spann
Tel: (021) 910 2008/9
Sel: (072) 46508317
liesls@multifranchise.co.za
Renault Tygerberg
304 Durban Weg,
Bellville.
Fotos verskaf.
No comments:
Post a Comment