KarMal1 - Neels du Plessis

Hier gee ek uiting aan n passie.



Tuesday 18 October 2011

(20) Audi A4. Gladde Ketting. Tegnologiese wonder.

Audi A4 1.8 TFSi Ambition Multitronic. Die immer gewilde keuse tussen kopers van Audi se A4 reeks in Suid Afrika. Ek dink nog altyd ek het n petrol kop (deesdae n klompie diesel daarin ook), dus vir my is n handrat die ratkas om te hê. My ouers ry n DSG ratkas voertuig en ek het gewoond geraak daaraan. Vir jare lank trek ek eintlik my neus op vir die naam CVT (Continues Variable Transmision) of in Audi se geval Multitronic. Tegnies gaan ek nie veel se nie behalwe dat dit soos twee skuins sfere regoor mekaar, beheer deur hidroliese werkkrag, verbind met n ketting, heen en weer skuif om ratspoed soos n fiets oor te skakel.


Audi Multitronic

Maak nie n fout nie, dit is seepglad. Eintlikvoel n mens die ratskakeling nie eers nie. Die 118kW/250Nm 1.8L direkte petrol inspuiting vier silinder wat reguit gemonteer is lewer genoeg krag. Gekoppel aan die ratkas het mens nie eintlik meer nodig nie.

Gerieflike Inklim Area
Ek persoonlik moes laag in die kar sit vir ruimte vir my kop (Die toetes model het die opsionele sondak in wat kop ruimte met 50mm verminder). Die megasies verstelbare sitplek is gerieflik en die struurwiel verstel in hoogte sowel as teleskopies vir reik. Gerief. Dit bied die Audi A4 in hope. Alles rondom jou is sag, die visuele en tasbare kwaliteit is net ongelooflik. Die stuuwiel is dik, die leer is eg. Uitsig is uitstekend en die lae sit in die sitplek belemmer geensins uitsig of gevoel van beheer nie. Audi MMI met bluetooth® is opsioneel in die model met Aux punt en 12V punt in die middelste arm kassie. Veiligheids breek en gryp foelie op die kant vensters, n sentrale sluit stesel met alarm en ses lugsakke. Wat veiligheid betref, het hierdie model reeds n doeltreffende elektronies geasisteerde stelsel in soos wat n mens hom van die vloer af kan koop. ABS met ESP program. ISOFix kinder sitplek hegpunte.


Spelonk vir Pakruimte
 Inklim voor en agter is baie gemaklik, net kopruimte is beperk maar aanvaarbaar, onthou, ek is 1.96m lank. Die A4 ry sag, stil, die klou greep in draaie is meer as genoeg, bonop baie gerieflik. Die stuur is akuraat en die rempedaal gevoel uitmuntend. Met n katalogus van 117 bladsye (Die katalogus is goeie kwaliteit in dit self) met keuses wat die koper kan maak daaruit om die model met verskeie afwerkings, veiliger , mnooier, geriefliker te kan maak.

Dit is die Audi A41.8 TFSi Ambition Multitronic, gerief, gemak, oortreffend in alle opsigte. Uitmuntende keuse vir n voertuig



.

Kwaliteit Binneruim
Die A4 reeks bied baie meer as net die sedan, daar is ook n  stasie wa (Avant), 2.0L TDi 4 silinder, 3.0L TDi V6, 3.2L FSi V6 en n Spiraal aangejaagde 3.0 TFSi V6 masjiene om van te kies. Handrat, S-Tronic, Tip-Tronic en Multitronic Ratkaste wat deur voor of vier-wiel aandrywing, werkverigting bied.

Kontak gerus vir Marinus Kritzinger. Hy het my perspektief, tesame met die Audi A4, ten opsigte van Multitronic ratkaste met n reguit en aangename op die man af metode omgeswaai. Kontak hom vir n toetsrit, wat so ook moontlik jou perspektief mag verander.



AUX & 12V


Marinus Kritzinger
Tel: (021) 595-7012
Sel: (083) 274-9292
marinusk@bmh.co.za

http://www.facebook.com/pages/Audi-Centre-N1/135321529879371?ref=ts










Fotos geneem met : Blackberry Bold 9000

No comments:

Post a Comment