Johannesburg Internasionale Motor Skou. Georganiseer deur SA Show Services en bestuur deur Ms. P. Dippenaar, is n produk waarmee ons as Suid Afrikaners baie trots kan wees. In n tyd waar baie ander internasionale skoue gekanselleer word het JIMS eenvoudig net in statuur gegroei. Dus pak die koeldrank, vrou en kinders, trek lekker stap skoene aan, en laai die kamera se baterye.
|
2012 Ford ST (184kW) |
Daar gaan baie wees om te sien op die jaar se skou. Scania het n pret vragmotor, Lamborghini het die Aventador, Ford met volgende jaar se Focus ST en sommer ook November maand se Ford Ranger en Ford Kuga, Volkswagen die Nuwe Beetle. Met Mercedes, Peugeot, Opel, Toyota, Chevrolet, Nissan en Audi wat almal werlikwaar pragtige verassings en karre het wat met passie gemaak is, as uitstallings by JIMS.
|
Mercedes-Benz A-Klas |
Meer as 30 bekendstellings en konsep voertuie gaan op die skou aan die publiek vertoon word.Daar gaan asemrowende vertonings wees, 4x4 manne gaan hulle staal wys, onderdele gaan uitgestal word, busse, motorfietse, busse, kos stalletjies en laastens ...... n groot skerm vir die rugby!
Wel, dit is mos nou sommer lekker rede om n trotse Suid Afrikaner te wees.
http://www.jhbmotorshow.co.za/
Fotos: Verskaf
No comments:
Post a Comment