KarMal1 - Neels du Plessis

Hier gee ek uiting aan n passie.



Saturday 8 October 2011

(11) Afkortings ...... My nagedagtes oor my gunsteling - RIV(WIEL)

Wiel - Die laaste uitgawe was in Feb 2011. Met hartseer het ek afskeid geneem van die enigste tydskrif in my  moeder taal. Francois Rabe se eerste woorde daarin was: Hierdie is die laaste uigawe van WIEL. My eerste gedagtes was hoekom? Is ons Afrikaners se omdersteuning te min aan dinge wat eintlik ons eie is? Adverteerders wat te bang is vir die koopkrag van die Afrikaners? Wel ek kan dit vandag nog steeds nie glo nie, WIEL het na 33 jaar (1978-2011) eenvoudig net verdwyn.

Is dit dalk afkortings se skuld? Kyk, al die afkortings is daar om vir die koper uit te basuin - ek maak jou kar veilig! Dit is waarheen ek vandag wil beweeg. Sover ek kan, ongeag van handelaars (alhoewel +/-90% van hulle die selfde is) se termes wil ek aan my lesers in die engelse internasionale taal "maak my veilig" termes verduidelik. Met my lesenaar gewapen met vervaardigers brojures, tydskrifte, koerante en die internet, gaan hierdie een baie interesant wees. Al ooit gedink n voertuig kan n DNA hê? Nooit! Maar waar! Alfa Romeo het DNA, dit is n bestuurs plesier keuse naamlik; D (Dynamic), N (Normal), A (All Weather) dus, als in die internasionale taal. Ek hoop my lesers gaan saam met my glimlag en ook die een waardevol vind.



ABS - Anti-locking Braking System                  BAS - Brake Assistant System
EBD - Electronic Brake Distribution                 AFS - Automatic Foglight System
ASR - Anti Slip Regulation device                    CO2 - Carbon Dioxide
SBR - Seat Belt Reminder                                EDL - Electronic Differential Lock
ESP - Electronic Stabilization Control               DAB - Digital Radio Reception
ISOFix - International Standards Organization Fixing points
MMI - Multi Media Interface                            DSG - Direct Shift Gearbox
TPMS - Tyre Pressure Monitor System            NVA - Night Vision Assistant
SBT - Seat Belt Tensioner                                HDC - Hill Descent Control
ETC - Electronic Traction Control                    DSC - Dymanic Stability Control
RSC - Roll Stability Control                             TSC - Trailer Stability Assist

Hierdie is maar n kort lys van afkortings in die karre bedryf! My punt is dus, ek en jy as Afrikaanse leser verstaan elk een van die bogenoemde afkortings. Nou hoekom word ons Afrikaanse tydskrif dan afgeskiet, ons trots as taalgenote word dan net geignoreer? Bring maar gerus vir WIEL terug. Ek lees dit met pure plesier ....... soos al ons mede Afrikaners.

Fotos geneem met : Blackberry Bold 9000.

No comments:

Post a Comment