Kyk, as n GROOT Mercedes aanhanger ( Hy is ons buurman, ons gaan nog baie met hom in die toekoms te doen kry. 110% petrol bloed - bietjie diesel ook.) eers vir jou reguit sê hy hou van die Passat se lyne, dan moet jy weet ... hier kom n ding.
Die 2011 Passat het skerp lyne, dit maak hom anders. Aantreklik so, so ook asof dit vir jou wil sê; "Ek steek iets hier weg". En ek kon dit in die opgewondenheid van Juan Wentzel se houding waarneem. Hier het ons weer eens met n man te doen wat karre passie het. En die Passat is hoog op sy lys.
Groot Bagasie Ruim |
Vir my as skrywer, as n Kar Mal persoon, wil ek graag aan die lesers vandag sê, selfs voor ek oor die kar praat. Die pad na jou naaste Volkswagen handelaar raak vol Duwweltjies! So roer jou litte. Toetsbestuur een.
Lekker plek om IN te klim |
230V! |
Dis juis hier waarvoor ek voorstel julle daardie toetsrit reël. Amper asof Volkswagen met die Pasat vergeet het hulle moet n kar maak. Hulle het die man of vrou herken wat hom moet bestuur. Toe bou hulle n kar vir die bestuurder. Briljant. Van die onmiddelike oomblik dat n mens daardie stuurwiel vasvat, vonk hierdie kar adrenalien deur die wese van die bestuurder, die 118kW/250Nm masjien is lewendig, deur die sewe spoed DSG ratkas (met spane agter die stuurwiel) in outomatiese modus, hou nie die plesier terug nie. Looi hierdie kar deur n draai en die terugvoer vra .... gee my meer! Die stuur is n sensasie. Bakbeheer is ongelooflik. En die rem modulasie uitstekend.
Uitstekende Gehalte |
Wel, gaan raak weer verlief, op n kar. Gaan ry hom. Kontak Juan Wentzel by Barons N1 City Volkswagen.
Juan Wentzel
Tel: (021) 595-9839
Sel: (082) 823-6663
juan.wentzel@barloworldmotor.com
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
No comments:
Post a Comment