Vir my is daar twee parte wat hierdie kar maak. Dubbel wensbeen-tipe onderstel by elke wiel en V-Tec. Verrigting is niks sonder hantering nie. Honda gebruik die dubbele wensbeen-tipe onderstel, by elke wiel, al vir jare. Dit is soos Formule 1 tegnologie in n pad kar. Die klougreep van die Honda Accord sal eenvoudig net die dapperheid van die bestuurder oorskry. Sonder om rygerief of ritgehalte in te boet. Honda weet die kar hanteer goed, daarom het hulle die magtige 2.4L i V-Tec 148kW/234Nm met "drive by wire" elektroniese petol pedaal geinstalleer. Dit bring vinnige petrol pedaal modulasie tesame met n masjien wat hoog toer (Die kragpieke is so ook eers by 7000rpm) deur n 5 spoed standaard outomatiese ratkas wat lewering bied aan die 17 duim allooi velings geheg aan daardie wensbeen-tipe onderstel met akurate terugvoer deur die stuurwiel - genoeg vertroue aan die bestuurder om die kar ten alle tye te geniet en te kan beheer. Dus, veiligheid en pret.
Netjiese kombinasie van sagte en harde materiale |
Verkoeling, Aux/USB/12V |
Drie masjiene (Een n diesel) twee bakwerk soorte, sedan en stasiewa is beskikbaar met n keuse tussen handrat (6 spoed) em outomaties (5 Spoed). Daar is ook drie afwerkingvlakke met standaard toerusting addisioneel op elke pakket nl: Elegance, Executive en Exclusive. Die Exclusive het byvoorbeeld dinge soos 18 duim wiele, n gevorderde bestuurder asistend sisteem, intiligente tog beheer, ongeluks sensoriese rem stelsel en baan hou assistent. Standaard.
En n man wat die Honda Accord ken, geniet en bewonder - Gavin Smith. By Honda Auto Tygerberg. Gaan klop aan sy deur.
Gavin Smith
Tel: (021) 910 8300
Sel: (079) 478 2584
newsales@hondadealer.co.za
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
No comments:
Post a Comment