Moet asseblief nie dink dit is n rooskleurige prentjie nie. Ons NAAMSA figure vir Jan 2011 tot Aug 2011 wys 256 990 karre is verkoop. Paar jaar gelede was daardie syfer skraps oor 1 000 000 karre vir 12 maande verkoop, so n ongeveer 74% afname! Ja, karkoop is duur, baie duur. Maar dit maak n ekonomie draai. banke, vervaardigers, handelaars, parte, dienste, ontbrandings middels, skoonmaak middels, advertensie wese, tydskrifte en nog honderde items wat ek dalk nie eers van weet waarop karre n invloed kan hê nie!
Karre is nou maar een maal in n Suid Afrikaner se bloed. Sy trots, sy bestuurs plesier, sy aansien. Oop paaie, mooi natuur, die dreuning onder jou bas, alles kom saam met die bestuur in Suid Afrika en die eienaarskap van daardie voertuig waarvoor jy so hard werk. Maar daardie kar is ver meer as net iets om op trots te wees!
Om jou kar n nuwer model te hou, sorg ook dat daar n omwenteling in die mark is die heeltyd, dus baat die ekonomie daarby en kan ons ook gerus trots Suid Afrikaans wees op ons karre passie.
Kies jou gunsteling uit 1550 standaard modelle en gaan maak sommer nou n draai by dit. Geniet dit.
KarMal 1.
No comments:
Post a Comment