Dinge wat hoog is val om. Geensins hierdie wa nie. Hoe die manne van Land Rover die Discovery 4 getoor het dat dit soos n sedan-motor ry is geniaal. Dit nogal binne n ongelooflike aantreklike paket. Nog nooit was vierkantig so aantreklik nie. Maar moet nie dink die aanterklikheid lyk net sterk nie ......... dit is sterk.
|
Gerieflike Pakruimte |
Kyk verby die pragtige LED dag ry-ligte wat rondom die hoofligte gedrapeer is, en jy sal op die intreevlak n 3.0 SD V6 Diesel met180kW/600Nm masjien en op die top spesifikasie n 5.0 V8 Petrol met 276kW/510Nm masjien kry. Met die inklimslag in die rooi SE 3.0 SD V6 model was ek reeds beindruk met die gemak waarmee n mens deur die deure wat wyd oopmaak, inklim. Die sitplek is hoog, die stuurwiel op borshoogte, die pedale maklik bykombaar. Jy voel dadelik gemaklik en in beheer. Wel, meer soos n heerser van die pad, dit is wat jy voel sodra jy uitkyk en sien hoe hoog jy werklik sit. Die 360º uitsig beklemtoon dit. Die ruimte in die voertuig aksenteer daardie gevoel. Met n instrument paneel, klasiek modern in leer afgewerk, en beheerstelsels binne bereik van die bestuurder, onderstreep dit weereens n omringende gevoel van absoluute luuksheid.
|
6 Spoed Outomaties |
|
Yskassie met I-Pod/AUX |
Sakkel die voertuig aan en die lugvering lig die voertuig nog n paar millimeters hoër. Hierdie lugvering is integraal n baie belangrike element van die voertuig. Dit veroorsaak n baie gerieflike rit. Onder versnelling, en die 3.0 opeenvolgende turbo diesel V6 is n kragtige masjien wat in 9.6 sekondes na 100km/u versnel en teen 180km/u uitasem raak, voel mens hoe verwerk die lugvering die massas wat daarteen werk, self onder harde remming. Stop, kan hierdie swaar voertuig met gemak doen, verskeie elektroniese hulpmiddels help daarmee. Deur draaie kan mens steeds voel dit is n 3240 kg (Gross), 2752kg (Tara) voertuig, maar met 19 duim, 255mm bande sit hierdie meneer van n veldry voertuig om n draai.
|
Baie Voetruimte Agter. |
|
710kg Klap Dra-vermoe |
Maksiemum grondvry hoogte is 310mm, water ry diepte is 700mm, en die draai sirkel is 11.45m. Die permanente vier wiel aandrywing het n terrein beheer konsole wat die bestuurder opsies gee oor watter terrein die bestuurder wil beweeg met keuses soos bv: SLS (Sand Launch Control) en RC (Rock Crawl).
Met sewe sitplekke waarvan die agterste 5 totaal plat kan slaan, bied hierdie Land Rover sy bestuurder n ou-wereldse luuksheid as ge volg van die kombinasie van topklas afwerkings, bestuurs (en pasasiers) gerief, en rygehalte. Met markverwante kompeterende pryse wat begin vanaf R 635 995.00 vir die Land Rover Disovery 4 S 3.0 SD V6 bied heirde voertuig werklik n uitstekende kompromie tussen luukse rit en veldry vermoens.
My slotsom is dus. Hierdie voertuig bied n ieder en elk wat hom kan bekostig, gerief , luuksheid en n koning van die pad gevoel.
Dus as jy daardie gevoel wil bekom, kontak gerus vir Heinrich Nefdt te Land Rover N1 City Kaapstad.
Heinrich Nefdt
Tel - (021) 595-7110
Sel - (084) 264-8644
E-Mail: heinne@mcmotor.co.za
Of besoek hom gerus te: H/V Vasco Rln & Frans Conradie weg, N1 City, Kaapstad.
http://www.landrover.com/za/en/lr/discovery-4/explore/se/
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000.
No comments:
Post a Comment