|
Ford Focus 4 Deur Trend |
Met die
2012 Ford Focus 2.0 TDCi Trend Powershift 4dr (R285 000.00 op die pad) pas uit die boks en op die vloer van Novel Motor Maatskappy, bied die Ford Groep aan die koper n globale produk. Ek het sedert die begin van die nuwe Focus se ontwikkeling, inligting op die internet oor die kar gevolg. My onmiddelike reaksie was: "O, nee! Hulle het die bak ontwerp opgemors!"
Dit is presies waar die aspek van fotografie kortkom. Gaan kyk na die kar, staan by dit, loop om dit, staan n ent weg. Magtig, die kar is aantreklik, vol kurwes, lyne, boë, inlate, vorms en geheime. Elke keer as jy om dit stap ondek jy nog n karakter wat die aanloklikheids waarde verhoog en jou fasineer. Hierdie kar beweeg, al staan hy stil.
|
Ford Focus 5 Deur Ambiente |
|
Focus 4 Deur Trend |
Maar kom by beweeg. Eerstens sit hierdie kar op die pad soos Ratanga Junction se "The Cobra" nie hom kan nadoen nie. Asof in twee spore zig-zag hierdie kragtige 120kW/340Nm diesel deur s-draaie. Amper nul, wel, einlik meer soos in nul punt een persent, wringstuur vind plaas deur n 90º skerp draai, met hewige versnelling, deur die totaal elektronies geasisteerde stuurwiel. Buitendien het die stuurwiel n ongelooflike heerlike gevoel as jy hom vashou, en die terugvoer is direk en akuraat. Met die "Powershift" is ratskakeling in die dubbelkoppelaar outomatiese eenheid seepglad sonder om na ratte te soek of te skop terwyl jy die rit geniet.
|
Klappie vir 12V Krag Punt |
Met n pasmaat sitplek wat jou in n gemaklike posisie ten opsigte van n borshoogte stuurwiel plaas voel n mens dadelik soos baas van die plaas. Versnelling is vanaf stilstand reg deur die toere n onbeskyflike gevoel! Lang pad word kortpad, maar ek is seker, jy gaan langer paaie soek want, hierdie kar WIL gery word. Die uitsig wat geen onaangename belemmeringe het 360º vanuit jou bestuurders oogpunt nie, maak dan sommer ook daardie baas van die plaas gevoel n werklikheid.
|
60/40 Deel Agterbank |
Veiligheids aspekte bied jou n afkortings-jagter se droom in ABS, EBD, EBA, HLA, 6 lugsakke, vooraf verstywende sitplek gordels en alle klokkies wat jou aandag op veiligheids aspekte vestig. Met n vyf ster veiligheids gradering by EURO NCAP as die kersie op die koek, kan die kar se veiligheids aspekte nie bevraagteken word nie. My persoonlike stoptoets met die voertuig, het selfvertroue met beheer, saam met n ongelooflike "Oë val uit hulle kaste" remgevoel gebring.
|
ISOFix Punte |
Gerieflikheids kenmerke in die kar is n lys wat eintlik n paar dae strek as standaard. Maar daar is n paar dinge wat ek julle aandag wil op vestig nl: Outomatiese reen sensoriese ruit veëers, Bluetooth® spraak herkenbare selfoon verbinding, sateliet knoppies om, en in, die stuurwiel (20 van hulle altesaam) en n agterklap wat met die druk van n knoppie meganies (Ongeasisteerd) oopmaak om n spelonk van n kattebak ten toon te stel.
|
USB/AUX Punte |
|
Trend Inligting Beheerstelsel |
Kyk, die Ford Focus het nog altyd uitstekend gehanteer, lekker bestuur en ruimte gebied. Die 2012 model maak daardie uitstekende geval n besonders uitmuntende geval! Die toue en rye, mense met bestellings, gaan lank word na my mening vir die spesifieke model. Maar gaan staan gerus in daardie tou, dit is 100% die moeite werd.
Om meer inligting oor die
2012 Ford Focus 2.0 TDCI Trend 4dr en ander 2012 Ford Focus modelle te kry kontak gerus die verteenwoordigers te NOVEL Motor Maatskappy Kaapstad.
Kevin Galvin Werner Stevens Tel - (021) 590-6282, Tel - (021) 590-6223, Sel - (082) 773-9522, Sel - (084) 247-2284, galvink@novelmotor.co.za stevensw@novelmotor.co.za
Besoek hulle ook gerus te:
14 Voortrekker weg, Goodwood, Kaapstad.
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
No comments:
Post a Comment