Nou kyk, die 5 sitplekker ASX dryf net deur die voorwiele, het n algemene petrol verbruiks indeks van 7.5L/100km en CO2 van 178g/km en met n bakwerk van 1354kg kan mens dadelik agterkom die wa gaan nie rekord versneltye opstel nie. Dis nie die doel van die hoë karretjie nie, nee inteendeel. Die rit is sag maar mens voel die stampe deur die onderstel, bakrol is daar ook, maar die stuurwiel speel nie rond in jou hande nie en die ratskakeling is aangenaam. Jou hoë sitplek bied jou n lekker uitsig en daardie panoraniese glasdak maak dat die karretjie lekker lig is binne. Dan is daar nog die LED's rondom binne die glasdak, met drie verstellings daarby ook nog, maar, partydjie truuk of nie, dit lyk intresant. Enkel sone klimaat beheer en n lekker radio met USB en n intresante dubbel punt RAC AUX ("Audio JACK") punt is standaard. So ook n standaard agterste parkeer hulp sisteem.
5 Ster EU veiligheids kenmerke sluit 7 lugsakke in wat ook n knie lugsak insluit, saam met verskeie elektroniese onderstel beheerstelsels wat in tye van nood die bestuurder asisteer om die voertuig makliker te beheer. Pak spasie in die agterste ruim is baie billik en sitplek vir 5 volwasendes is daar einlik meer as genoeg.
Gemaklike Inklimslag, Aangename Ruimte |
Panoramiese Glasdak |
Dus, n kompakte KNV, met n brandstof doeltreffende masjien, lekker spasie en n onderstel gemik beide op die stofpad soos as op die growwe swart gegomde gruis. Die karrretjie kry my regmerkie.
7.5L/100km |
Gaan soek hom op te Mitsubishi Motors Tygerberg.
Jason Kruger
Tel: (021) 914 3850
Sel: (082) 920 5010
jasonk@sandown.co.za
Mitsubishi Motors Tygerberg,
1 & 3, High Street, Rosen Park
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000