|
2011 Florid Cross 1.5vvTi |
2011 GWM
Florid Cross 1.5vvti (R133 000.00 op die pad), is n baie aanloklike paket wat baie goeie waarde bied vir geld. In *Maple Red* vertoon die mini-buksie, tesame met sy rooi sitplek bekleedsel, sterk en mooi op die oog. Die misligte se vorm leen n agresiewe element aan die vorkoms wat afgerond is met swart plastiek sykant stroke wat strek regom die karretjie se bak, insluitende die wielboë. N versterkende aksent word daaraan geleen deur n silver skraap-strook aan die onderkante van die buffers. Die silwer dakraam en bak bypassende kleur drukvlerkie op die agterklap aksenteer die sport-gerigte einskappe van die karretjie.
|
Sentraal Gemonteerde Meters |
My 1.96m liggam moes ek bietjie vou, en my knieë onderdeur die stuurwiel wriemel om myself op die harde maar gerieflike sitplek te kon laat stelling inneem. Daar is voldoende kopruimte in die voorste sitplekke maar die stuurwiel is laag tussen die bene. Op die instrument paneel word die meters reg in die middel van die karretjie gehuisves wat na my mening onnatuurlik is alhoewel dit n gevoel van ruimte skep.
Growwe, dog sterk sitplek materiaal en harde plastiek afwerkings is weer eens in die kol vir die mark waarin die motor kompeteer. Alle kontroles is lekker binne bereik van die bestuurder en maklik om te gebruik. Die CD/Radio speler se klank deur 6 luidsprekers en aux, wat alles van die stuurwiel af beheer kan word, is goed. Elektriese beheer oor al die vensters en n knoppie aan die bestuurder en voorste pasasier se kant om die voertuig te sluit, lugversorging, kragstuur en isofix punte by die agtersitplekke, tesame met n goed uigelegde pakruimte agter rond hierdie karretjie netjies af.
|
Sateliet Kontroles vir Radio |
Die 1.5 vvTi masjien, 77kW/138Nm, het n growwe, rasperige noot wat die sport eienskap onderlyn. Deur die 16 duim alloi-velings het die masjien nie moeilikheid om die bak te sleep nie, maar dit word eers lewendig hier teen 3750rpm. Met die hoë baklyn is daar bakrol te wagte maar die ferm vering beheer dit goed en die karretjie se rit is werklik aangenaam vir normale bestuursomstandighede. Met ABS remme, goed gemoduleer, stop die karretjie vinnig. Met twee lugsakke in die pakket ingesluit het hierdie karretjie ook goeie veiligheids kenmerke wat weer die waarde vir geld onderstreep.
Hierdie karretjie se vermoe om die jong gesin na reise op ons land se paaie te neem, teen die finansiele aspek van die pakket, maak van die karretjie n ongeslypte diamant.
Ook beskikbaar: GWM Florid Super-Lux 1.5 (R114 000.00 op die pad)
Vir meer inligting kontak gerus vir
Kevin Galvin by Novel Motor Maatskappy Kaapstad.
Kevin Galvin:
Tel - (021) 590-6282,
Sel - (082) 773-9522,
E-Pos -
galvink@novelmotor.co.za
Besoek hom ook gerus te:
14 Voortrekker weg, Goodwood, Kaapstad.
Fotos Verskaf.
No comments:
Post a Comment