Die 2011
Ford Figo 1.4 Trend (R 133 000.00 op die pad), is nou maar net een van daardie kleiner karre wat jou laat glimlag as jy agter die stuur sit en om n draai gaan. Rats, met n heerlike terugvoer vanaf die alooi-wiele na die stuurwiel, plaas n mens hierdie karretjie op daardie denkbeeldige ren lyn asof hierdie karretjie een is met jou en die teerpad. Die masjien 62kW/127Nm klim deur die omwentelinge vanaf 1300rpm reg deur sy krag pieke wat net die regte tinteling en genot deur die bas stuur. Hierdie is een vir die entoesias, die passie van bestuur.
|
2011 Ford Figo 1.4 Trend |
|
2011 Ford Figo 1.4 Trend Masjien |
My lenige figuur het vinnig en maklik in die sag, maar ferm sitplek tuis geraak. Met die verstelbare stuur naby aan bors hoogte en uitstekende rondom sig, het ek in n beheerende posisie gevoel van die oomblik toe ek in die karretjie klim. Kragstuur, verkoelingstelsel, CD speler met AUX, spoed sensitiewe tog sluit stelsel (Afstandbeheer met diefweer stelsel), elektriese venster beheer vir die twee voorste kant vensters, twee lugsakke voor en houers in die deur ruimte voor vir tot en met 1L bottels. Die plastiek afwerking is van die harde soort maar sal deug vir dit waarvoor die karretjie einlik staan. Toegang na die stoor ruimte agter is deur n klap wat groot oopmak en n ontsluiting meganisme daarvoor wat netjies op die instrument paneel geplaas is. Ek pas nie in die "Sit Agter Myself" posisie nie maar iemand wat slegs 150mm korter is as ek, kan maklik tuis raak agter. Maar laat ons nie vergeet nie ..... hierdie een is vir die passie van bestuur gemaak.
|
2011 Ford Figo Novel Sport
|
Die 2011 Ford Figo model reeks, bestaande uit die Ford Figo 1.4 Ambiente (R 114 000.00 op die pad), Ford Figo 1.4 Trend soos bespreek hier bo, n uiters suinige (5.3L/100km) diesel in die Ford Figo 1.4 TDCi Ambiente (R 134 000.00 op die pad) en dan n spesiale rakker, die
Ford Figo Novel Sport (R 128 000.00 op die pad). Die Novel Sport neem n basiese Ford Figo 1.4 Ambiente, pas n fermer veerstelsel, 17 duim velings met 205/40ZR17 buite bande, vryvloeiende uitlaat stelsel vanaf die voorste katalisator, misligte, drukvlerk op die bokant van die agter luik en beskeie embleem stroke teen die onderste kant van die voertuig om n baie aantreklike paket byeen te bring.
Vir meer inligting kontak gerus vir
Kevin Galvin by Novel Motor Maatskappy Kaapstad.
Kevin Galvin:
Tel - (021) 590-6282,
Sel - (082) 773-9522,
E-Pos -
galvink@novelmotor.co.za
Besoek hom ook gerus te:
14 Voortrekker weg, Goodwood, Kaapstad.
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
No comments:
Post a Comment