Hallo Almal.
Hierdie blog is vir ALMAL wat mal is oor karre (Voertuie) of moontlik net een wil besit. Die binnebrand masjien, tesame met vier wiele, het nie net ons lewens verander nie maar dit het n passie onteken. Om van punt A na punt B te reis het nie net nou vinniger geword nie maar ook passievol. Vandag, 26 September 2011, is daar derduisende modelle van karre, van verskillende vervaardigers, op die pad. Natuurlik skep dit werk, beweeg dit n industrie, dryf dit die tegnologie van karre net vooruit. Eienaarskap is niks sonder passie nie en passie is die emosie waarmee daardie kar gekoop word. Passie het baie aspekte, naamlik: gerief, veiligheid, bekostigbaarheid, voorkoms, hantering, spoed en laastens (eintlik vrees ek dit, maar in ons samelewing is dit n werklikheid) groen! Nie groen van jaloesie nie maar groen vir ons kinders, se kinders, se vars suurstof. Hulle toekoms, hulle gerieflike klimaat.
Hierdie blog gaan oor daardie passies. Nie in bo-genoemde volgorde nie. Maar ek beplan onderhoude (met mense in die karre-bedryf en eienaars van karre), besoeke aan handelaars (Nuut, tweedehands en as dit in my kraal val selfs derdehands), veteraan karre, kar-skoue, kar-klubs, kar-onderdele(Standaard en aangepas), onderhouds agente en modifikasie agente.
Aan die einde van die dag hoop ek, dat my passie en my sieninge, die leser kan help om sy volgende kopie makliker te kan maak. Op die oog af verskil ons almal se menings, maar aan passie is daar werklik geen verskil tussen ons nie, juis omdat passie soveel fases het.
Hiermee sluit ek my inleiding af. Aan al die lesers, dankie dat julle die passie deel. Gesels gerus saam.
Ek is die Kar Mal 1.
No comments:
Post a Comment