Onlangs by n vriend gehoor dat daar nooit besef is die 'links" na die karre toe is ek nie. Wel, ek bevestig nou net, Neels du Plessis is die skrywer van Karmal1.blogspot.com.
KarMal1 gaan huidiglik deur n herbeplannings fase. Ek beplan n veranderde metode in my skryfwyse om meer lesers te lok en om my blogs meer leesbaar en hope meer genotvol te maak.
Ek soek kritiek, ek soek raad, ek soek na mense wat wil saam praat. Hierdie is nie n persoonlike agenda nie. Kar Mal 1 is presies dit, vir mense wat mal is oor karre. Of dit nou 1972 se Ford Cortina is en of die nou n 2012 Lamborghini Aventador is.
As die wiel draai, dan hou ek daarvan en ek wil dit deel met my lesers. Niks gaan dit verander nie.
Groete
Neels du Plessis : Kar Mal 1
KarMal1
Hier praat ek karre! En net karre, alle soorte!
KarMal1 - Neels du Plessis
Hier gee ek uiting aan n passie.
Wednesday 23 November 2011
Sunday 13 November 2011
(28) 4X4 die nodige van die onnodige.
1903 Spyker 60HP 4X4 |
Land Rover DC100 |
Hier in sonnige Suid Afrika het ons dit nie werklik nodig nie. Ja, die hoe verigtings mark soek steeds na daardie addisionele veiligheid, die ontspanningsmark soek nog die vermoe om in ongekende terreine in te beweeg, en als wel, soek die status mama's steeds iets om die sypaadjie om te krap.
Audi A4 allroad |
Subaru Impreza Sti |
Lanborghini het die magtige Aventador met n V12 aan 4X4 gekoppel om dit n wegtrekslag te gee wat jou bas uit die sitplek na die bagasiebak agter toe te skuif. Ford het n wa ........ die Raptor. Daaroor wil ek graag eendag meer se, maar, vir nou ..... dit is 4X4 vir alles, die Raptor.
Lamborghini Aventador |
Ford Raptor |
Audi gebruik die stelsel |
Land Rover gebruik die stelsel |
Mitsubishi gebruik die stelsel |
Porsche gebruik die stelsel |
4X4 is hier om te bly en dit word net beter.
Groete.
KarMal1
Fotos verskaf.
Wednesday 2 November 2011
(27) Agterwiel Aandywing. Die begin van pret.
Benz-Patent Motorwagen |
Vir die moderne kar soos ons dit ken. Die Jaar 1885. Die kar, Benz-Patent Motorwagen. Die mens se liefde met die interne plofslag masjien en agterwiel aandrywing het hier begin.
Ford Ranger |
BMW M3 |
Ferrari 358 Italia |
Met vandag se moderne elektroniese hulpmiddels word daar egter min agterwiel aangedrewe karre gesien wat gly tensy dit spesifiek aangehits word deur die bestuurder om dit te doen. Dit is egter iets vir die ervare persoon.
Toyota MR2 |
Agterwiel aandrywing het ook ander plasings van masjiene soos bv.: langs weg middel gemonteer, gewild in Ferrari's soos die 358 Italia, dwarsweg middel gemonteer soos met die Toyota MR2 en laastens agterlangs gemonteer soos met n Porsche 911 GT2 RS.
Porsche 911 GT2 RS |
Fotos verskaf.
Wednesday 26 October 2011
(26) 2012 Mitsubishi ASX. LED's en lig.
Dit is n aantreklike kruis KNV, die 2012 Mitsubishi ASX. Een masjien in die reeks, n 2.0 MPI (110KW@6000rpm & 197Nm@4200rpm). Twee ratkasse, n 5 spoed handrat en n 6 spoed CVT. Pryse begin teen R 279 900 vir die intree vlak Mitsubishi ASX tot R 319 000 vir die hoë spesifikasie vlak ASX.
Nou kyk, die 5 sitplekker ASX dryf net deur die voorwiele, het n algemene petrol verbruiks indeks van 7.5L/100km en CO2 van 178g/km en met n bakwerk van 1354kg kan mens dadelik agterkom die wa gaan nie rekord versneltye opstel nie. Dis nie die doel van die hoë karretjie nie, nee inteendeel. Die rit is sag maar mens voel die stampe deur die onderstel, bakrol is daar ook, maar die stuurwiel speel nie rond in jou hande nie en die ratskakeling is aangenaam. Jou hoë sitplek bied jou n lekker uitsig en daardie panoraniese glasdak maak dat die karretjie lekker lig is binne. Dan is daar nog die LED's rondom binne die glasdak, met drie verstellings daarby ook nog, maar, partydjie truuk of nie, dit lyk intresant. Enkel sone klimaat beheer en n lekker radio met USB en n intresante dubbel punt RAC AUX ("Audio JACK") punt is standaard. So ook n standaard agterste parkeer hulp sisteem.
5 Ster EU veiligheids kenmerke sluit 7 lugsakke in wat ook n knie lugsak insluit, saam met verskeie elektroniese onderstel beheerstelsels wat in tye van nood die bestuurder asisteer om die voertuig makliker te beheer. Pak spasie in die agterste ruim is baie billik en sitplek vir 5 volwasendes is daar einlik meer as genoeg.
Die laaste aspek van die voertuig is sy voorkoms, die neus is geskoei op die laaste generasie van passasiers voertuie van Mitsubishi, die Lancer, die res is n mengsel van Europees en Oostere ontwerps taal. Ek vind dit baie aangenaam op die oog, dit is nou nie dat jy daarna gaan staar nie, maar jy gaan nie sommer daar verbystap sonder on dit op te merk nie.
Dus, n kompakte KNV, met n brandstof doeltreffende masjien, lekker spasie en n onderstel gemik beide op die stofpad soos as op die growwe swart gegomde gruis. Die karrretjie kry my regmerkie.
Weer eens, het ons hier met n jong man te doen wat einlik uitbundig in sy passie vir karre is. En hy ken sy Mitsubishi ASX goed, sy naam: Jason Kruger.
Gaan soek hom op te Mitsubishi Motors Tygerberg.
Jason Kruger
Tel: (021) 914 3850
Sel: (082) 920 5010
jasonk@sandown.co.za
Mitsubishi Motors Tygerberg,
1 & 3, High Street, Rosen Park
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
Nou kyk, die 5 sitplekker ASX dryf net deur die voorwiele, het n algemene petrol verbruiks indeks van 7.5L/100km en CO2 van 178g/km en met n bakwerk van 1354kg kan mens dadelik agterkom die wa gaan nie rekord versneltye opstel nie. Dis nie die doel van die hoë karretjie nie, nee inteendeel. Die rit is sag maar mens voel die stampe deur die onderstel, bakrol is daar ook, maar die stuurwiel speel nie rond in jou hande nie en die ratskakeling is aangenaam. Jou hoë sitplek bied jou n lekker uitsig en daardie panoraniese glasdak maak dat die karretjie lekker lig is binne. Dan is daar nog die LED's rondom binne die glasdak, met drie verstellings daarby ook nog, maar, partydjie truuk of nie, dit lyk intresant. Enkel sone klimaat beheer en n lekker radio met USB en n intresante dubbel punt RAC AUX ("Audio JACK") punt is standaard. So ook n standaard agterste parkeer hulp sisteem.
5 Ster EU veiligheids kenmerke sluit 7 lugsakke in wat ook n knie lugsak insluit, saam met verskeie elektroniese onderstel beheerstelsels wat in tye van nood die bestuurder asisteer om die voertuig makliker te beheer. Pak spasie in die agterste ruim is baie billik en sitplek vir 5 volwasendes is daar einlik meer as genoeg.
Gemaklike Inklimslag, Aangename Ruimte |
Panoramiese Glasdak |
Dus, n kompakte KNV, met n brandstof doeltreffende masjien, lekker spasie en n onderstel gemik beide op die stofpad soos as op die growwe swart gegomde gruis. Die karrretjie kry my regmerkie.
7.5L/100km |
Gaan soek hom op te Mitsubishi Motors Tygerberg.
Jason Kruger
Tel: (021) 914 3850
Sel: (082) 920 5010
jasonk@sandown.co.za
Mitsubishi Motors Tygerberg,
1 & 3, High Street, Rosen Park
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
Monday 24 October 2011
(25) 2012 Renault Fluence. Styl .... funksie ..... nooit verlore.
Al ooit opgelet n Tom Tom navigasie stelsel is vierkantig? Nie? KarMal1 ook nie. Tot nou toe. Dit is eintlik baie vloeiend, tussen hakkies, Fluence. Die 2012 Renault Fluence is n pragtige vloeinde ontwerp, gebou rondom die Tom Tom navigasie stelsel, met kwaliteit en spasie.
Moet nou nie die wa voor die perde span nie, die algehele gevoel van die Fluence is n atmosfeer van Franse "flair". Sagte materiale waar jou vingerpunte ook al raak, noupassende spasierings lyne op die instrumente paneel, en die modelle met egte leer her n werklik uitsonderlik aangename aura. Franse aura. En die voertuie is werklikwaar beskikbaar met ses lugsakke, elektriese vensters (een druk funksie), baie spasie voor en agter met n enorme kattebak, n heerlike 7 luidspreker radio stelsel saam met n Tom Tom wat soveel funksies berg en dan word dit nogal met n afstand beheer ook beheer. Handvrye bluetooth® foon en musiek beheer. Twee kantige sone klimaat beheer en alle aktiewe en passiewe veiligheids stelsels ingebou in die meganiese en elektroniese beheerstelsels van die kar.
My toets-rit met die Renault Fluence 1.6 16v Expression het dit duidelik gestel dat die kar maar gery mag word. Stewige padgedrag met n lekker positiewe stuur en stuur terugvoer is die rit n plesier. Op die model het net die harde plastiek van die stuurwiel my n bietjie sweterig gelaat, maar ry, die kar ry werklik baie lekker. Die 5 gang handrat ratkas skakel glad en met positiewe kort skakelings, rembeheer is voldoende vir die grootte van voertuig wat dit is (4618mm lank, 1809 wyd, 1736kg). Wat my ook by n ligte bekommernis bring, die kar se lyne is super glad en dit het werklik pragtige rondinge en dit in n nou parkering ...... "Mall Dents!"
530 dm3 Standard ISO Agterste Laairuim |
Tom Tom, spasie, funksie en gerief. |
Met my skrywe huidiglik kan ek net sê die pryse begin onder R 200 000.00, maar kontak gerus vir Liesl Spann, by Reanault Tygerberg, daar is veel meer aan die Renault Fluence as wat sy prys jou vertel.
Liesel Spann
Tel: (021) 910 2008/9
Sel: (072) 46508317
liesls@multifranchise.co.za
Renault Tygerberg
304 Durban Weg,
Bellville.
Fotos verskaf.
Sunday 23 October 2011
(24) Voor wiel AANDRYWING.
1925 Miller 122 |
Fig 1. |
1934 Citroën 7CV |
1978 VW Glof Gti MK1 |
Fig 2. |
2010 Ford Focus RS |
Fig 3. |
Die gedagte met voorwiel aandrywing om die gewig van die voertuig te sleep, en dus makliker met die aandrywing deur vlak water poele te kan ry, het die metode n baie aanvaarbare aanwendsel onder die kopers in die mark geword. Stuur is meer traag maar met die petrol pedaal kan die bestuurder die kar dan uit n situasie ry deur te stuur en meer petrol te gee. Omdat al die gewig van die voertuig op die aandrywing wiele rus onder remming was dit altyd n gevaar om te hard met die voorwiel aandrywing te rem. ABS (Teen-sluit remstelsels) was die antwoord, meeste voorwiel aangedrewe karre op die mark het dit, dit is n absoluute noodsaaklikheid vir voorwiel aandrywing.
2012 Audi A5 |
Maak nie n fout nie, voor wiel aandrywing is baie pret, en dit is ook meer ekonomies, beide in die vervaardiging van die voertuig sowel as met die eienaarskap en onderhoud van die voertuig.
Bo oor alle redenasies, dit bly jou, die koper se kar, geniet dit, maak n passie daarvan.
Groete.
Die Kar Mal 1
Fotos verskaf.
Thursday 20 October 2011
(23) Honda Accord. Die kar is meer as net n som van sy parte
Die 2011 Honda Accord. Pragtig ontwerp, in een van die advertensies van die kar was dit die advertensie wat die meeste kykers, in n bekendstelling veldtog van n kar, ooit 24 uur gekry het. Maar kyk nou na daardie advertensie, en jy sien meer parte as kar.
Vir my is daar twee parte wat hierdie kar maak. Dubbel wensbeen-tipe onderstel by elke wiel en V-Tec. Verrigting is niks sonder hantering nie. Honda gebruik die dubbele wensbeen-tipe onderstel, by elke wiel, al vir jare. Dit is soos Formule 1 tegnologie in n pad kar. Die klougreep van die Honda Accord sal eenvoudig net die dapperheid van die bestuurder oorskry. Sonder om rygerief of ritgehalte in te boet. Honda weet die kar hanteer goed, daarom het hulle die magtige 2.4L i V-Tec 148kW/234Nm met "drive by wire" elektroniese petol pedaal geinstalleer. Dit bring vinnige petrol pedaal modulasie tesame met n masjien wat hoog toer (Die kragpieke is so ook eers by 7000rpm) deur n 5 spoed standaard outomatiese ratkas wat lewering bied aan die 17 duim allooi velings geheg aan daardie wensbeen-tipe onderstel met akurate terugvoer deur die stuurwiel - genoeg vertroue aan die bestuurder om die kar ten alle tye te geniet en te kan beheer. Dus, veiligheid en pret.
Teen R 374 900.00 t&c's vir die Honda Accord Sedan 2.4i V-Tec Executive outomaties, bied hierdie kar so n lang lys van opsies dat dit werkl;ik uiters kompeterend in die mark geposisioneer is. Standaard in die Excecutive: elektriese sitplek met geheue funksies vir twee posisies. dit is ook in twee sleutels geprogrameer, beide sleutels is genommer en as jy met die sleutel die kar oopmaak skuif die bestuurder se sitplek self reg volgens die genommerde sleutel. Ongelooflik gerieflik. Blutooth, Aux/USB en 12 Volt punte in die arm lening, sateliet kontroles op die leer stuurwiel, ABS, EBD, EBA, VSA ( Vehicle stability assist), TSA en Elektroniese Sondak.
Drie masjiene (Een n diesel) twee bakwerk soorte, sedan en stasiewa is beskikbaar met n keuse tussen handrat (6 spoed) em outomaties (5 Spoed). Daar is ook drie afwerkingvlakke met standaard toerusting addisioneel op elke pakket nl: Elegance, Executive en Exclusive. Die Exclusive het byvoorbeeld dinge soos 18 duim wiele, n gevorderde bestuurder asistend sisteem, intiligente tog beheer, ongeluks sensoriese rem stelsel en baan hou assistent. Standaard.
En n man wat die Honda Accord ken, geniet en bewonder - Gavin Smith. By Honda Auto Tygerberg. Gaan klop aan sy deur.
Gavin Smith
Tel: (021) 910 8300
Sel: (079) 478 2584
newsales@hondadealer.co.za
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
Vir my is daar twee parte wat hierdie kar maak. Dubbel wensbeen-tipe onderstel by elke wiel en V-Tec. Verrigting is niks sonder hantering nie. Honda gebruik die dubbele wensbeen-tipe onderstel, by elke wiel, al vir jare. Dit is soos Formule 1 tegnologie in n pad kar. Die klougreep van die Honda Accord sal eenvoudig net die dapperheid van die bestuurder oorskry. Sonder om rygerief of ritgehalte in te boet. Honda weet die kar hanteer goed, daarom het hulle die magtige 2.4L i V-Tec 148kW/234Nm met "drive by wire" elektroniese petol pedaal geinstalleer. Dit bring vinnige petrol pedaal modulasie tesame met n masjien wat hoog toer (Die kragpieke is so ook eers by 7000rpm) deur n 5 spoed standaard outomatiese ratkas wat lewering bied aan die 17 duim allooi velings geheg aan daardie wensbeen-tipe onderstel met akurate terugvoer deur die stuurwiel - genoeg vertroue aan die bestuurder om die kar ten alle tye te geniet en te kan beheer. Dus, veiligheid en pret.
Netjiese kombinasie van sagte en harde materiale |
Verkoeling, Aux/USB/12V |
Drie masjiene (Een n diesel) twee bakwerk soorte, sedan en stasiewa is beskikbaar met n keuse tussen handrat (6 spoed) em outomaties (5 Spoed). Daar is ook drie afwerkingvlakke met standaard toerusting addisioneel op elke pakket nl: Elegance, Executive en Exclusive. Die Exclusive het byvoorbeeld dinge soos 18 duim wiele, n gevorderde bestuurder asistend sisteem, intiligente tog beheer, ongeluks sensoriese rem stelsel en baan hou assistent. Standaard.
En n man wat die Honda Accord ken, geniet en bewonder - Gavin Smith. By Honda Auto Tygerberg. Gaan klop aan sy deur.
Gavin Smith
Tel: (021) 910 8300
Sel: (079) 478 2584
newsales@hondadealer.co.za
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000
Subscribe to:
Posts (Atom)