Kevin Galvin, SNR verkoops verteenwoordiger van voertuie.
Die skrywer het sedert 2002 vyf karre vir vriende en homself deur DIE man - Kevin- aangeskaf. Ken die skrywer Kevin goed? Nee, nie soos broers en jeug vriende mekaar ken nie. Maar, met die skrywer se eerste voertuigaankope, nat agter die ore wat kar koop aanbetref, se redenasies oor wat en waar en hoe, het net tot een ding gelei. Die ontdekking dat Kevin n passie deel, karre.
Met Kevin mag jy praat, die aangename man wys bietjie grys om die slape (ervaring) en met n vaste reguit kyk, n ondeunde glimlag, skep hy onmiddelik n gemaklike omgewing. Kevin se loopbaan het wortels in bankwese en nege jaar se ervaring as n kar konsultant, het Kevin die vermoe en begrip om die beste samestelling vir jou behoeftes en jou sak, aan jou voor te lê. En dan nog die passie om lekker daaroor met jou te kan gesels terwyl hy diens van uitstekende gehalte lewer.
By die Novel Motor Maatskappy Kaapstad, verteenwoordig Kevin die volgende vervaardigers: Great Wall Motors (GWM) , Mazda en FORD.
Die skrywer gaan vir die volgende paar dae, stap vir stap, saam met Kevin deur n paar modelle in die reekse gaan, soos in die bogenoemde volgorde. Passie is n baie snaakse maar intresante ding, BAKKIES. Nie soos in Bakkies Botha ons sportheld nie, maar eerder soos die vloot eienaar sal verwys as ligte aflewerings voertuig.
Wel, bakkies maak n groot deel uit van ons mark hier in Suid Afrika, juis omdat dit vir soveel aspekte gebruik kan word. Die dubbel kajuit vir die gesin, n rondrits wa vir die adrenalien soekers, n werkswa vir kontrakteurs en ook dan so, die aflewerings blits. Natuurlik ook n spogwa vir die sypaadjie.
Die STEED3 - 2.2MPi Workhorse 4X2 eentonner, vanaf R 114 000.00 op die pad. Dis nou werklik waar GWM waarde vir geld bied. Splinternuut reg van die vloer af het ek om die bakkie gestap voor ek dit vir n rit geneem het. Die kort voorhang (Middelpunt van voorwiel tot voorkant van die buffer voor) het my dadelik opgeval, dit gaan meebring dat jy die bakkie maklik kan parkeer, maar ook lekker gerieflik teen n steilte kan laat oorklim sonder om daardie groot plastiek buffer te beskadig. Intresant genoeg sien ek ook toe die agterste mislig neffens die spaarwiel, dit op n intreevlak bakkie wat net kragstuur as n luukse het. Meganiese kant glas opwenners, meer funksie windskerm veeers. Die asbakkie se kleur verskil welliswaar van die res van die instrument paneel se harde plastiek, maar die algemene afwerking is in pas met hierdie mark waarin die bakkie meeding. Net twee dinge pla, die agterste glas het nie skuif glas nie en die model het nie n kajuit beskermde rolstaaf nie.
Met die inklimslag moes ek die stoel van die bestuurder effens vorentoe skuif, ek is 1.96m lank, om die koppelaar gerieflik in die mat in te trap. Die stoel self is gerieflik met aangename ondersteuning, daar is twee los stoelle in die model, met berg plek tussen die stoele wat ook as arm lening diens doen. 500ml plastiek gaskoeldrank botteltjies pas lekker stewig in die houers wat in die deur gehuisves is in, maar die beker houers in die middel agter die rathefboom is einlik net geskik vir los goed en nie werklik vir koppies nie.
Dus kon ek vinnig en met gemak n beherende bestuurs posisie inneem wat baie goeie sig reg om die bakkie gebied het. Die masjien het onmiddelik met aansluiting geluier en daar het n growwe maar aangename geluid onder die masjien kap uit gesels. Die onmiddelike gevoel was dat die rathefboom se beweging lank is, die koppelaar los ook baie sag en redelik hoog. Die krag hulp stuur is uiters lig op kruie spoed en word nie baie swaarder met hoer snelhede nie, n effense vae gevoel deur die stuur, maar dit is steeds baie akuraat. Alhoewel die toets rit op n ongelaaide vrag was, is die rit hard, net soos wat dit vir n werksesel moet wees. Hantering neig na oorstuur, maar hou in gedagte dit is n agterwiel aangedrewe bakkie met al die masjien se gewig op die voorwiele. Remme sonder ABS of enige ander hulp is ook eintlik net reg vir dit wat hierdie bakkie verteenwoordig, daar is genoeg greep om n normale vrag vrag gerieflik tot stilstand te bring.
Wat my die meeste beindruk het van die toetsrit, is die lekker grom wat hierdie gevestigde 78kW/190Nm masjien maak. Dis nie n masjien vir n versnel lopie nie, maar dit is een wat jou keer op keer by jou bestemming gaan bring en dit terwyl jy dit gaan geniet om na hom te luister. Met n 3jaar / 100 000km waarborg en 2 jaar 24-uur padbystand en redelike dienskostes (R 1700/diens - elke 10 000km) is gemoedsrus deel van hierdie bekostigbare bakkie.
Dit was nou n mond vol inligting, maar kyk gerus ook na die STEED3 - 2.2 MPI Lux 4X2 eentonner in wit vir R 133 000.00 op die pad. Daar is menige bykomstighede onder andere n kajuit rol beskermer.
Kevin Galvin is te kontak by:
Tel - (021) 590-6282,
Sel - (082) 773-9522,
E-Pos -
galvink@novelmotor.co.za
Besoek hom ook gerus te:
14 Voortrekker weg, Goodwood, Kaapstad.
Aanlyn inligting oor bogenoemde voertuig:
http://gwm.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=164&Itemid=183
Fotos geneem met: Blackberry Bold 9000