KarMal1 - Neels du Plessis

Hier gee ek uiting aan n passie.



Wednesday 23 November 2011

(29) Neels du Plessis en KarMal1 is een.

Onlangs by n vriend gehoor dat daar nooit besef is die 'links" na die karre toe is ek nie. Wel, ek bevestig nou net, Neels du Plessis is die  skrywer van Karmal1.blogspot.com.

KarMal1 gaan huidiglik deur n herbeplannings fase. Ek beplan n veranderde metode in my skryfwyse om meer lesers te lok en om my blogs meer leesbaar en hope meer genotvol te maak.

Ek soek kritiek, ek soek raad, ek soek na mense wat wil saam praat. Hierdie is nie n persoonlike agenda nie. Kar Mal 1 is presies dit, vir mense wat mal is oor karre. Of dit nou 1972 se Ford Cortina is en of die nou n 2012 Lamborghini Aventador is.

As die wiel draai, dan hou ek daarvan en ek wil dit deel met my lesers. Niks gaan dit verander nie.

Groete

Neels du Plessis : Kar Mal 1

Sunday 13 November 2011

(28) 4X4 die nodige van die onnodige.

1903 Spyker 60HP 4X4
1893 Die eerste vier wiel aandrywing idee wat die mark tref om motors in moeilike omstandighede (sneeu) meer beheerbaar te maak. Dus was die oorspronklike vierwiel aandrywing gemik op veiligheid. Vandag is dit vir ontspanning, baie vinnige motors en massa produksie.

Land Rover DC100

Hier in sonnige Suid Afrika het ons dit nie werklik nodig nie. Ja, die hoe verigtings mark soek steeds na daardie addisionele veiligheid, die ontspanningsmark soek nog die vermoe om in ongekende terreine in te beweeg, en als wel, soek die status mama's steeds iets om die sypaadjie om te krap.

Audi A4 allroad
Range Rover/ Land Rover maak natuurlik iets vir almal deesdae en hulle voertuie is werklik mooi en MAG maar die kortpad deur die veld kies. Audi het 4X4 in sport vervolmaak en dit ook na die massas gebring. Subaru het n kragtige advertensie veldtog gebaseer net op hulle gelyke lengte as afstand op hulle AWD sisteem.
Subaru Impreza Sti

Lanborghini het die magtige Aventador met n V12 aan 4X4 gekoppel om dit n wegtrekslag te gee wat jou bas uit die sitplek na die bagasiebak agter toe te skuif. Ford het n wa ........ die Raptor. Daaroor wil ek graag eendag meer se, maar, vir nou ..... dit is 4X4 vir alles, die Raptor.
Lamborghini Aventador

Ford Raptor












Audi gebruik die stelsel
Land Rover gebruik die stelsel











Mitsubishi gebruik die stelsel
Porsche gebruik die stelsel






4X4 is hier om te bly en dit word net beter.

Groete.

KarMal1

Fotos verskaf.

Wednesday 2 November 2011

(27) Agterwiel Aandywing. Die begin van pret.

Benz-Patent Motorwagen
Dankie Mnr. Karl Benz.

Vir die moderne kar soos ons dit ken. Die Jaar 1885. Die kar, Benz-Patent Motorwagen. Die mens se liefde met die interne plofslag masjien en agterwiel aandrywing het hier begin.


Ford Ranger
Vandag is die meeste massa vervaardigde aterwiel aangedrewe karre se masjiene voorlangs, vat maar die BMW's. N goeie voorbeeld is die BMW M3. N ratse vinnige motor, n bestuurders se kar.

BMW M3
Maar so is die meeste agterwiel aangedrewe motors bestuurders karre.  Maar dit is nie waar dit eindig nie. Agterwiel aandrywing met die masjien voor en mid gemonteer bied n baie goeie gewigsverspreiding verhouding vir die kar en dus, baat hantering daarby, in droe omstandighede. In nat omstandighede is dinge bietjie moeiliker want die agterkant van die kar waar die aandywing kontak met die oppervlak het is geneig om die voorkant onder remming in draaie verby te steek, dus gly die voertuig. Dit kan pret wees maar is in meeste omstadighede uiters gevaarlik.




Ferrari 358 Italia









Met vandag se moderne elektroniese hulpmiddels word daar egter min agterwiel aangedrewe karre gesien wat gly tensy dit spesifiek aangehits word deur die bestuurder om dit te doen. Dit is egter iets vir die ervare persoon.




Toyota MR2
As daar weer n vrag is om mee oor die weg tekom is dit n uitstekende manier om die gewig tussen die aandrywing en die aandrywings wiele te plaas, dus het agterwiel aandrywing groot voordele soos met die Ford Ranger bakkie.

Agterwiel aandrywing het ook ander plasings van masjiene soos bv.: langs weg middel gemonteer, gewild in Ferrari's soos die 358 Italia, dwarsweg middel gemonteer soos met die Toyota MR2 en laastens agterlangs gemonteer soos met n Porsche 911 GT2 RS.


Porsche 911 GT2 RS
 Soos ons dan kan sien maak meeste sportmotors van agterwiel aangedrewe metode gebruik want hier is spasie nie van belang nie, eerder die plesier, die genot daarvan om karre te bestuur.


Fotos verskaf.